Rutte I-kabinet

Die Rutte I-kabinet
Die drie politieke leiers: Maxime Verhagen (CDA), Mark Rutte (VVD) en Geert Wilders (PVV)

Die Rutte I-kabinet was 'n Nederlandse kabinet wat op 14 Oktober 2010 aangetree het, met as Eerste Minister Mark Rutte (VVD). Die kabinet het bestaan tot 5 November 2012.

Die Rutte I-kabinet wil die immigrasie beperk, die veiligheid verbeter en baie besuinig. Van 2010 tot 2014 wil die kabinet agtien miljard Euro van die begroting verminder.

Die Rutte I-kabinet vorm 'n minderheidskabinet van die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) met die christen-demokratiese Christen-Demokratiese Appèl (CDA). Deur die populistiese Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders word die kabinet in die parlement amptelik gesteun, maar die PVV dra geen verantwoordelikheid vir sy besluite nie. Die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) steun die kabinet on-amptelik ook. Die VVD en CDA beskik oor 52 setels in die Tweede Kamer, met die PVV oor 76 setels en met die SGP oor 78 setels. In die Eerste Kamer beskik die kabinet oor 37 setels (dit is inklusief die PVV) en met die SGP oor 38 setels. Hiermee het die kabinet in beide Kamers 'n – baie klein – meerderheid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search